Tuesday, 11 December 2012

Hoe maak mens?

Om suksesvol op ons Goue Jare webwerf deel te neem is eintlik vreeslik maklik:
Die eerste stap is om net eers bietjie rond te kyk en hier moet mens twee belangrike dinge onthou:
- Eerstens is dit totaal gratis. Om aan te sluit as 'n gewone lid kos niks. Gewone lede kan hulle profiel skep en op die Goue Jare bladsy plaas, hulle kan rond kyk na ander profiele, knipoog en flankeer en hulle eie posbus lees vir inkomende boodskappe.
Om meer te kan doen vereis dat mens jou lidmaatskap moet opgradeer maar dis nie verpligtend nie. Met ander woorde jy kan al die tyd saam speel en deel neem sonder om te betaal en dit is eers wanneer jy ernstig belangstel in persone dat verdere kontak 'n fooi vereis.
Die goue advies is SLUIT NET EERS AAN!
- Tweede ding en ewe belangrik:Dit is 100% vertroulik. Niemand, selfs nie eers ons, nie, het insae tot 'n lid se persoonlike informasie en kontak besonderhede nie. Daar is geen gevaar dat ongewenste persone jou telefoon nommer, e pos adres of fisiese adres in die hande kan kry nie, BEHALWE as jy dit vir hulle gee nie.
Die enigste mense wat insae het tot wat ge pos word is die moderators. Hulle taak is net om te keer dat niemand pornografiese, afstootlike of vulg√™re goed pos nie